Psalms 8:4-9

Psalms 8:4-9 AFR20

Wanneer ek na u hemelruim kyk, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U gevestig het – wat is 'n mens dan dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U aan hom aandag skenk? U het hom net minder as 'n hemelse wese gemaak; U het hom met eer en majesteit gekroon. U laat hom heers oor die werk van u hande; U het alles onder sy voete gestel: al die kleinvee en beeste, ja, selfs die diere van die veld, die voëls van die hemel, en die visse van die see wat verbytrek op hulle roetes deur die oseane.