PSALMS 8:4-9

PSALMS 8:4-9 NLV

Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee? U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge: skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld, die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome.