Psalms 68:19-35

Psalms 68:19-35 AFR20

U het opgevaar na die hoogte om daar te woon, HERE God, nadat U gevangenes weggevoer het en skatplig gevorder het by mense, selfs by hardkoppiges. My Heer moet geprys word! Dag ná dag dra Hy ons, God is ons verlossing. Sela God is vir ons die God van verlossing, by die HERE, my Heer, is daar uitkoms uit die dood. God sal beslis die koppe van sy vyande verpletter, die harige hoofde van hulle wat in sondeskuld volhard. My Heer het gesê: “Uit Basan sal Ek hulle terugbring, Ek sal hulle terugbring uit die dieptes van die see, sodat jy jou voete in bloed kan afspoel, en die tonge van jou honde deel kan kry aan die vyande.” Mense sien u optogte, o God, die optogte van my God, my Koning, by die heiligdom: Vooraan is die sangers, daarna dié met snaarinstrumente tussen jongmeisies wat tamboeryne slaan. Prys God in die byeenkomste, die HERE by die bron van Israel. Daar is Benjamin, die jongste, hulle heerser, die leiers van Juda in hulle menigte, die leiers van Sebulon, die leiers van Naftali. Jou God het krag vir jou beskik. Toon u krag, o God, U wat in ons belang opgetree het vanuit u •tempel bo Jerusalem. Vir U sal konings geskenke bring. Bestraf die gediertes van die riete, die trop bulle tussen die kalwers van volke wat mense vertrap vir stukke silwer. Jaag volke uitmekaar wat graag oorlog voer. Bronsware moet uit Egipte kom. Die Kussiete sal dit vinnig aandra vir God. Koninkryke van die aarde, sing vir God; besing my Heer, Sela Hom wat ry deur die oeroue, hoogste hemel. Kyk, Hy laat sy stem, 'n magtige stem, weerklink. Erken die krag van God, dat Hy hoog verhewe oor Israel is en dat sy krag in die wolke lê.

Video vir Psalms 68:19-35

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 68:19-35