PSALMS 68:19-35

PSALMS 68:19-35 NLV

Toe U opgegaan het na die hoogte, het U krygsgevangenes weggevoer. Mense het vir U geskenke gegee, selfs dié wat teen U in opstand was. Nou sal die HERE God onder ons kom woon. Prys die Here wat ons dag na dag in sy arms dra. Hy is die God van ons verlossing. Sela God is vir ons die God wat verlos! Die oppermagtige HERE het beheer oor die dood. Immers, God self verpletter die koppe van sy vyande, die koppe van hulle wat in sonde volhard. Die Here sê: “Ek sal my vyande bring uit Basan; Ek sal hulle bring uit die dieptes van die see. Julle sal hulle bloed van julle voete afwas, en die bloed van julle vyande sal julle honde oplek!” U feesoptog is in sig, o God, die optog van my God en Koning is op pad na sy heiligdom. Vooraan is die sangers, agter hulle, die musikante. Saam met hulle is jong meisies wat op tamboeryne speel. Prys God in die vergaderings; prys die HERE, die bron van Israel. Kyk, Benjamin, die jongste, is die aanvoerder. Dan volg die baie heersers van Juda en die heersers van Sebulon en Naftali. Toon u mag, o God. Toon u krag, o God, soos U dit voorheen vir ons gedoen het. Ter wille van u tempel in Jerusalem sal konings vir U geskenke bring. Bestraf vir Egipte, die ondier tussen die riete, wat soos troppe bulle tussen kalwers ander vertrap ter wille van geld. Verstrooi die nasies wat hulle verheug in oorlog. Uit Egipte kom kosbare geskenke; met uitgestrekte hande bid Kus tot God. Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God. Sing lofsange tot eer van die Here, Sela sing tot eer van Hom wat deur die oeroue hemel ry terwyl sy magtige stem weerklink. Verkondig God se mag, sy majesteit oor Israel, sy mag oor die wolke.

Video vir PSALMS 68:19-35

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 68:19-35