Psalms 63:1-11

Psalms 63:1-11 AFR20

'n Psalm. Van Dawid. Toe hy in die woestyn van Juda was. God, U is my God, na U soek ek; my •siel dors na U, my liggaam smag na U in 'n droë, uitgeputte land sonder water. So het ek uitgesien na U in die heiligdom, om u krag en glorieryke teenwoordigheid te ervaar, want u troue liefde is beter as die lewe. My lippe sal U roem; so sal ek U prys in my lewe; in u Naam sal ek my hande ophef. Asof van binnevet en die vetste dele word ek versadig; en met jubelende lippe bring my mond lof as ek aan U dink op my slaapplek, as ek in die •nagwake oor U prewel. Want U was vir my tot hulp, en in die skadu van u vlerke jubel ek. My diepste wese is aan U verknog; u regterhand ondersteun my. En daardie mense wat daarop uit is om my lewe te verwoes, hulle sal die onderste dele van die aarde binnegaan. Hulle sal aan die mag van die swaard uitgelewer word, die prooi van jakkalse sal hulle word.