Psalms 62:1-12

Psalms 62:1-12 AFR20

Vir die •musiekleier. Op Jedoetoen. 'n Psalm. Van Dawid. Net by God vind ek rus; van Hom kom my verlossing. Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord; ek sal beslis nie wankel nie. Hoe lank nog gaan julle 'n man bly aanval, vermoor julle almal hom – asof hy 'n muur is wat oorhel, 'n tuinmuur wat omgestoot word? Ja, hulle beplan om hom af te stoot van sy hoë plek, hulle hou van leuens. Met die mond seën hulle, maar in hulle binneste vloek hulle. •Sela Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig. Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord. Ek sal nie wankel nie. By God lê my verlossing, my eer. My sterk rots, my skuilplek, vind ek in God. Vertrou te alle tye op Hom, o volk, stort julle hart voor Hom uit. God is vir ons 'n skuilplek. Sela Net 'n asemteug is die mens, onbetroubaar is mense; op 'n skaal weeg hulle byna niks, saam is hulle ligter as 'n asemteug. Moet op afpersing nie staatmaak, op plunder julle ydele hoop nie vestig nie. Rykdom, as dit toeneem – moet julle hart nie daarop sit nie. Een saak het God bevestig, twee, wat ek gehoor het: Krag is by God

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 62:1-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid