PSALMS 62:1-12
PSALMS 62:1-12 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied “Jedutun.” 'n Psalm van Dawid. Ek kan net by God stil wees, dit is Hý wat my red. Net Hy is my rots, Hy red my en beskerm my, my vyande kan my nie oorwin nie. My vyande, hoe lank sal julle my nog aanval en my probeer vermoor, julle almal? Ek is soos 'n muur wat amper omval wanneer mense dit wil omstoot, soos 'n klipmuur wanneer hulle dit wil omstamp. My vyande wil net een ding doen, hulle wil my verneder. Hulle hou daarvan om te lieg. Hulle sê dat hulle my seën, maar in hulle hart vervloek hulle my. Ek kan net by God stil wees, ek wéét Hy sal my help. Net Hy is my rots, Hy red my en beskerm my, my vyande kan my nie wen nie. Dit is God wat my sal red en wat vir my eer sal gee. Hy is my sterk rots, ek vra dat Hy my moet beskerm. My volk, julle moet altyd glo dat God julle sal help, julle moet vir Hom sê hoe julle in julle harte voel. God sal ons beskerm. Sela Mense is soos wind, mense beteken niks. Wanneer jy hulle op 'n weegskaal sit, dan sal jy sien hulle weeg niks. Hulle almal saam beteken minder as wind. Julle moenie dink dat dit met julle goed sal gaan wanneer julle die goed vat wat julle nie moet kry nie, julle moenie dink dat dit vir julle sal help om ander mense se goed te vat nie. En wanneer julle ryk word, moenie dan dink dat julle alles het wat julle moet hê nie. God het een ding gesê, nee, ek het twee dinge gehoor: Hy het gesê dat dit net Hy is wat sterk is
PSALMS 62:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier; op die wysie van: „Jedútun.” 'n Psalm van Dawid. Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil. Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie. Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur? Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela. Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting! Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God. Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela. Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid. Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie! Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort
PSALMS 62:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid. Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan. Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger en my probeer doodmaak, 'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval, 'n klipmuur wat omgestoot word? Hulle probeer my uitwerk; hulle skep behae in leuens; met die mond seën hulle, in die hart vervloek hulle. Sela Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons 'n toevlug. Sela Mense is verganklik, mense is niks: op 'n skaal wys hulle geen gewig nie, saam is hulle minder as niks. Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie. Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het
PSALMS 62:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. Op Jedoetoen. 'n Psalm. Van Dawid. Net by God vind ek rus; van Hom kom my verlossing. Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord; ek sal beslis nie wankel nie. Hoe lank nog gaan julle 'n man bly aanval, vermoor julle almal hom – asof hy 'n muur is wat oorhel, 'n tuinmuur wat omgestoot word? Ja, hulle beplan om hom af te stoot van sy hoë plek, hulle hou van leuens. Met die mond seën hulle, maar in hulle binneste vloek hulle. •Sela Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig. Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord. Ek sal nie wankel nie. By God lê my verlossing, my eer. My sterk rots, my skuilplek, vind ek in God. Vertrou te alle tye op Hom, o volk, stort julle hart voor Hom uit. God is vir ons 'n skuilplek. Sela Net 'n asemteug is die mens, onbetroubaar is mense; op 'n skaal weeg hulle byna niks, saam is hulle ligter as 'n asemteug. Moet op afpersing nie staatmaak, op plunder julle ydele hoop nie vestig nie. Rykdom, as dit toeneem – moet julle hart nie daarop sit nie. Een saak het God bevestig, twee, wat ek gehoor het: Krag is by God
PSALMS 62:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarlik, my siel wag op God, van Hom kom my heil. Hy alleen is my rots en my heil; hy is my verdediging; Ek sal nie baie ontroer word nie. Hoe lank sal julle onheil teen 'n man voorstel? julle sal almal gedood word; soos 'n buigende muur en soos 'n wankelende heining. Hulle raadpleeg net om Hom van sy hoogheid af te werp; hulle het behae in leuens; hulle seën met hul mond, maar hulle vloek innerlik. Sela. My siel, wag net op God; want my verwagting is van hom. Hy alleen is my rots en my heil; hy is my beskutting; Ek sal nie geroer word nie. In God is my heil en my heerlikheid: die rots van my sterkte en my toevlug is by God. Vertrou altyd op Hom; volke, stort julle hart voor Hom uit: God is vir ons 'n toevlug. Sela. Waarlik, manne van geringe graad is nietigheid, en manne van hoë graad is 'n leuen: om op die weegskaal gelê te word, is hulle heeltemal ligter as nietigheid. Vertrou nie op verdrukking en word nie ydel deur roof nie; as rykdom toeneem, rig jou hart nie daarop nie. God het eenmaal gespreek; twee keer het ek dit gehoor; daardie krag behoort aan God. Ook aan U, HERE, behoort barmhartigheid, want U vergeld elkeen volgens sy werk.
PSALMS 62:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek baie stewig staan. Hoe lank sal julle ’n mens aanval? Hulle almal probeer om my dood te maak. Ek is reeds soos ’n bouvallige muur, of ’n vervalle heining. Hulle wil my my ereplek ontneem. Hulle geniet dit om leuens te vertel. Met hulle mond seën hulle my, maar in hulle harte vervloek hulle my. Sela Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. Net Hy is my rots en my redding, my vesting waar ek stewig staan. God is my redding en my krag; God is my sterke rots en my toevlug. Vertrou op Hom te alle tye, my volk, stort jou hart uit voor Hom, want God is ons toevlug. Sela Sekerlik is mense net ’n asempie, en die mensdom onbetroubaar. Op die weegskaal weeg hulle niks. Saam is hulle ligter as ’n windjie. Moenie vertrou op afpersing of valslik trots wees op rowery nie. En as jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. God het duidelik gepraat, ek het dit telkens gehoor: die mag behoort aan God