die wandade van hulle wat op hulle besittings vertrou en met hulle groot rykdom spog? Een familielid kan nooit 'n ander vrykoop nie, hy kan nie aan God die losprys vir hom betaal nie, want die vrykoopprys vir hulle lewens is te hoog en hy moet vir altyd daarvan afsien dat hy vir ewig kan leef en die graf nie sal sien nie. 'n Mens sien immers dat wyse mense sterf; saam met die dwaas en die onverstandige vergaan hulle en laat hulle besittings aan ander na. Hulle graf is hulle tuiste vir altyd, hulle woning van geslag tot geslag. Hulle noem stukke grond na hulleself, maar 'n mens met skatte is nie blywend nie; hy is net soos die diere – hulle gaan ten gronde; dit is hulle lewenspad, dié wat vol selfvertroue is, hulle einde, dié wat van hulle eie uitsprake hou. •Sela Soos kleinvee is hulle vir die •doderyk bestem, die dood is hulle herder, teen die môre heers opregtes oor hulle. Hulle liggame is bestem vir vertering deur die doderyk, ver van hulle indrukwekkende wonings.
Lees Psalms 49
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 49:7-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's