Psalms 42:1-6

Psalms 42:1-6 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Maskiel . Van die Koragiete. Soos 'n wildsbok wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God. My siel dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek in die •tempel ingaan en voor God verskyn? Trane is dag en nag my brood, omdat daar die hele dag lank vir my gevra word: “Waar is jou God?” Hieraan moet ek dink terwyl ek my hart uitstort, hoe ek optrek in 'n magtige skare, hoe ek voor hulle uit gaan na die huis van God, met luide jubelkrete en dankliedere – 'n feesvierende menigte. Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom weer prys vir die verlossing wat sy teenwoordigheid bring.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid