PSALMS 42:1-6
PSALMS 42:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Vir die leier van die koor: 'n Lied. Van die Korag-groep. Ek verlang na U, o God, soos 'n wildsbok verlang na strome water. Ek is dors vir God, vir die God wat lewe. Wanneer kan ek Hom weer in sy tempel gaan dien? My trane is my kos, ek huil elke dag en nag wanneer mense aanhou om vir my te vra: “Waar is jou God?” Dan onthou ek en ek hou aan om te dink hoe ek tussen baie mense geloop het en hulle gelei het na die tempel. Ons was baie mense en ons het feesgevier, ons het hard gesing en vir God dankie gesê. Ek moenie so treurig en ontsteld wees nie, ek moet glo dat God my sal help, ja, ek sal weer 'n lied sing om Hom te prys. Hy is naby, Hy sal my red
PSALMS 42:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VIR die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag. Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — 'n feesvierende menigte! Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — die verlossing van sy aangesig!
PSALMS 42:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete. Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar is jou God nou?” As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het met gejuig en lofsang – 'n skare wat feesvier. Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper
PSALMS 42:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die •musiekleier. 'n Maskiel . Van die Koragiete. Soos 'n wildsbok wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God. My siel dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek in die •tempel ingaan en voor God verskyn? Trane is dag en nag my brood, omdat daar die hele dag lank vir my gevra word: “Waar is jou God?” Hieraan moet ek dink terwyl ek my hart uitstort, hoe ek optrek in 'n magtige skare, hoe ek voor hulle uit gaan na die huis van God, met luide jubelkrete en dankliedere – 'n feesvierende menigte. Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom weer prys vir die verlossing wat sy teenwoordigheid bring.
PSALMS 42:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos 'n takbok smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God: wanneer sal ek kom en voor God verskyn? My trane was my spys dag en nag, terwyl hulle gedurig vir my sê: Waar is jou God? As ek aan hierdie dinge dink, stort ek my siel in my uit; want ek het saam met die skare gegaan, ek het saam met hulle na die huis van God gegaan, met 'n stem van vreugde en lof, met 'n menigte wat fees gehou het. Waarom is jy neergewerp, o my siel? en waarom is jy onrustig in my? hoop jy op God, want ek sal Hom nog loof vir die hulp van sy aangesig. O my God, my siel is in my binneste neergewerp; daarom sal ek aan u dink uit die land Jordaan en van die Hermoniete, van die heuwel Misar af.
PSALMS 42:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Soos ’n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God. Ek verlang na God, die lewende God. Wanneer kan ek ingaan en weer voor Hom verskyn? My trane is my kos, dag en nag, terwyl teenstanders my aanhoudend tart en sê: “Waar is dié God van jou?” As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld. Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier. Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder