Vir die •musiekleier. 'n Maskiel . Van die Koragiete. Soos 'n wildsbok wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God. My siel dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek in die •tempel ingaan en voor God verskyn? Trane is dag en nag my brood, omdat daar die hele dag lank vir my gevra word: “Waar is jou God?” Hieraan moet ek dink terwyl ek my hart uitstort, hoe ek optrek in 'n magtige skare, hoe ek voor hulle uit gaan na die huis van God, met luide jubelkrete en dankliedere – 'n feesvierende menigte. Waarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom weer prys vir die verlossing wat sy teenwoordigheid bring. My God! My siel kwyn weg in my, daarom dink ek aan U hier uit die Jordaanstreek en by die Hermonberge, hier van berg Misar af. Die diep water laat die geluid van u watervalle weergalm. Al u deinings en golwe het oor my gespoel. Bedags sal die HERE sy troue liefde laat geld, en snags sal 'n lied vir Hom by my opkom, 'n gebed tot die God van my lewe. Ek wil vir God sê: “My rotsvesting, waarom het U my vergeet, waarom moet ek in rouklere loop oor die verdrukking deur 'n vyand?” Dit sny tot op die been, as my teenstanders my tart deur die hele dag lank vir my te vra: “Waar is jou God?”
Lees Psalms 42
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 42:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's