Psalms 36:5-10

Psalms 36:5-10 AFR20

Onreg bedink hy op sy bed; hy gaan staan op 'n pad wat nie goed is nie; kwaad verwerp hy nie.” HERE, tot aan die hemel reik u troue liefde, u getrouheid tot aan die wolke. U geregtigheid is soos massiewe berge, u regspraak soos die groot •oerwater. U verlos mens en dier, HERE. Hoe kosbaar is u troue liefde, o God! Mense skuil in die skadu van u vlerke. Hulle drink hulle versadig aan die oorvloed van u huis, uit die stroom van u genietinge laat U hulle drink. Ja, by U is die fontein van lewe, * in u lig sien ons lig.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 36:5-10