PSALMS 36:5-10
PSALMS 36:5-10 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer hy op sy bed lê, dan dink hy watter slegte dinge hy kan doen, hy kies die pad wat nie goed is nie, hy hou nie op om verkeerde dinge te doen nie. Here, U doen wat U belowe het, U doen dit op die aarde en in die hemel, U bly dieselfde, hier en ook tussen die wolke. U doen reg op die aarde, ook op die hoogste berge, U oordeel reg, ook in die groot, diep water. Here, U red mense en diere. Dit is vir ons kosbaar, o God, dat U doen wat U belowe het. Mense weet dat U hulle sal beskerm. Daar is baie dinge wat mense kan geniet in u tempel, dit is soos strome water wat U vir hulle gee om te drink. Want U gee vir ons die lewe, U gee die lig wat vir ons laat lewe.
PSALMS 36:5-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie. O HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke. U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere! Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels. Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
PSALMS 36:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Selfs as hy gaan lê, dink hy net kwaad uit; hy bly op 'n pad wat nie reg is nie; wat sleg is, verwerp hy nie. Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid. U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.
PSALMS 36:5-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Onreg bedink hy op sy bed; hy gaan staan op 'n pad wat nie goed is nie; kwaad verwerp hy nie.” HERE, tot aan die hemel reik u troue liefde, u getrouheid tot aan die wolke. U geregtigheid is soos massiewe berge, u regspraak soos die groot •oerwater. U verlos mens en dier, HERE. Hoe kosbaar is u troue liefde, o God! Mense skuil in die skadu van u vlerke. Hulle drink hulle versadig aan die oorvloed van u huis, uit die stroom van u genietinge laat U hulle drink. Ja, by U is die fontein van lewe, * in u lig sien ons lig.
PSALMS 36:5-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U goedertierenheid, o HERE, is in die hemele; en U trou reik tot by die wolke. U geregtigheid is soos die groot berge; U oordele is 'n groot diepte; o HERE, U bewaar mens en dier. Hoe groot is u goedertierenheid, o God! daarom het die mensekinders hul vertroue in die skaduwee van u vleuels gestel. Hulle sal oorvloedig versadig word van die vettigheid van jou huis; en jy moet hulle laat drink uit die rivier van jou genot. Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sal ons lig sien. Hou aan met u goedertierenheid teenoor die wat U ken; en U geregtigheid vir die opregtes van hart.
PSALMS 36:5-10 Die Boodskap (DB)
Snags lê hulle wakker om slegte dinge uit te dink. Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte. Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag. Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie. Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie. Here, U tree altyd regverdig op. Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense. U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid. God, niemand kan sonder u goedheid leef nie. U pas almal op wat by U kom wegkruip. U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe. U gee vir ons meer as wat ons nodig het. U is baie goed vir ons. U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
PSALMS 36:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy beplan kwaad wanneer hy gaan lê. Hy kies ’n pad wat nie goed is nie en verwerp nie die kwaad nie. HERE, u goedheid is eindeloos soos die heelal; u trou tot by die wolke. U regverdigheid is soos die hoogste berge, u oordeel soos die diepste waters. U sorg vir mense en diere, HERE. Hoe kosbaar is u trou, o God! Die hele mensdom vind skuiling in die skadu van u vleuels. U voed hulle uit die oorvloed van u huis, en laat hulle drink uit strome van vreugde. Want by U is die fontein van die lewe, in u lig sien ons die lig.