Psalms 33:12-19

Psalms 33:12-19 AFR20

Gelukkig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy as sy eiendom gekies het. Uit die hemel kyk die HERE, Hy sien alle mense. Uit die plek waar Hy woon beskou Hy al die bewoners van die aarde, Hy wat elkeen van hulle se denke vorm, insig het in alles wat hulle doen. Geen koning word deur 'n groot leër verlos nie; 'n krygsheld red homself nie deur groot krag nie. 'n Perd bied vals hoop vir oorwinning, deur sy groot krag kan hy nie bevry nie. Kyk, die HERE hou sy oog op dié wat vir Hom ontsag het, op dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde, om hulle lewens van die dood te red en hulle aan die lewe te hou tydens hongersnood.