Geseënd is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Homself as sy eiendom gekies het. Die HERE kyk vanuit die hemel en sien die hele mensdom. Vanaf sy woning sien Hy al die bewoners op die aarde. Omdat Hy hulle harte gemaak het, verstaan Hy alles wat hulle doen. ’n Koning word nie gered deur ’n groot leër nie, ook nie ’n krygsman deur groot krag nie. Dis valse hoop dat ’n oorlogsperd veiligheid verseker, en deur groot krag redding bring. Maar die HERE waak oor dié wat Hom dien, oor hulle wat hoop op sy troue liefde om hulle te red van die dood en hulle in hongersnood aan die lewe te hou.
Lees PSALMS 33
Luister na PSALMS 33
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 33:12-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's