Psalms 23:1-3

Psalms 23:1-3 AFR20

'n Psalm. Van Dawid. Die HERE is my herder; ek ly nie gebrek nie. In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my. Hy gee my nuwe lewenskrag; Hy lei my op die regte paaie ter wille van sy Naam.