Psalms 16:1-11

Psalms 16:1-11 AFR20

'n Miktaam. Van Dawid. Beskerm my, o God, want by U skuil ek. Ek het vir die HERE gesê: “U is my Heer; buiten U is daar vir my niks goeds nie.” Wat die heiliges in die land betref, ja, die magtiges, by wie ek al my vreugde gevind het: Wie hulle na ander gode haas, vererger hulle smart. Ek sal nie vir hulle •drankoffers van bloed uitgiet nie, en ek sal nie hulle name op my lippe neem nie. HERE, my erfdeel, my beker, U bepaal my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Ek sal die HERE prys wat my raad gegee het, selfs in die nag wys my hart my tereg. Ek hou die HERE altyd voor oë; omdat Hy aan my regterkant is, sal ek nie struikel nie. Daarom is my hart bly en juig my binneste; ja, my liggaam bly veilig, want U sal my lewe nie aan die •doderyk oorlewer nie; U sal nie toelaat dat u getroue volgeling die graf sien nie. U wys my die pad van die lewe: oorvloedige vreugde in u teenwoordigheid, lieflikhede in u regterhand, vir altyd.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid