PSALMS 16:1-11

PSALMS 16:1-11 NLV

Beskerm my, o God, want ek kom na U toe vir skuiling. Ek sê vir die HERE: “U is my Here! Alle goeie dinge kry ek van U alleen.” Die sogenaamde heiliges in die land, vervloek is elkeen wat vreugde in hulle vind. Mag hulle wat ander gode najaag baie droefheid beleef. Drankoffers van bloed sal ek nie uitgiet nie, of die name van hulle afgode op my lippe neem nie. HERE, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming. ’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi! Ek prys die HERE wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus. Die HERE is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand; daarom sal ek nie struikel nie. Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof, en woon in veiligheid. Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie. U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid