Psalms 147:3-7

Psalms 147:3-7 AFR20

Dit is Hy wat dié met gebroke harte genees, wat hulle wonde verbind; wat die getal van die sterre bepaal, aan hulle almal name gee. Ons Heer is groot en geweldig sterk; aan sy insig is daar geen grens nie. Die HERE help die verdruktes op; goddeloses verneder Hy tot in die grond. Sing vir die HERE 'n danklied; besing ons God met begeleiding van liere