Psalms 143:4-10

Psalms 143:4-10 AFR20

My gees in my weifel; in my binneste is my hart verbyster. Ek dink aan dae lank gelede, ek mymer oor al u dade; oor die werk van u hande dink ek na. Ek strek my hande uit na U; my diepste wese smag na U soos dor grond. •Sela U moet my gou antwoord, HERE; my gees is gedaan. Moet tog nie u gesig vir my verberg nie; dan word ek net soos hulle wat in die put afdaal. Laat my in die môre van u troue liefde hoor, want op U vertrou ek. Wys my die pad wat ek moet loop, want na U is my verlange. Red my van my vyande, HERE; na U vlug ek. Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is, want U is my God. U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.

Video for Psalms 143:4-10

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 143:4-10