Psalms 126:1-6

Psalms 126:1-6 AFR20

'n •Pelgrimslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos mense wat droom. Daarna is ons monde met gelag gevul, ons tonge met jubelkrete. Toe is onder die nasies gesê: “Die HERE het iets groots gedoen aan hierdie mense.” Die HERE het iets groots aan ons gedoen. Ons was verheug. Verander weer ons lot, HERE, soos stroombeddings in die Negev. Dié wat met trane saai, sal met jubelkrete maai. Die draer van die saadsak wat loop en huil, sal beslis terugkom met jubelkrete terwyl hy sy gerwe dra.