U bestraf vermeteles, die vervloektes, hulle wat van u bevele afdwaal. Verwyder bespotting en minagting van my, want by u bepalings hou ek. Selfs al sit leiers met mekaar en praat oor my – u dienskneg sal oor u voorskrifte bly nadink. Nog steeds is u bepalings my grootste vreugde; hulle is my raadgewers. My lewe kleef aan die stof; maak my weer lewend volgens u woord. Van my lewenspaaie het ek vertel, en U het my geantwoord; leer my u voorskrifte. Die pad van u opdragte – laat my dit verstaan, sodat ek oor u wonders kan nadink. My lewe vloei weg van verdriet; rig my op volgens u woord. Die pad van bedrog – neem dit van my weg; en u wet – gee dit genadiglik vir my. Die pad van eerlikheid het ek gekies; u beslissings hou ek voor oë. Ek hou aan u bepalings vas; HERE, laat my nie beskaamd staan nie. Die pad van u bevele volg ek geesdriftig, want U verruim my insig. HERE, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde. Laat my hart na u bepalings neig, en nie na winsbejag nie. Wend my oë daarvan af om na nuttelose dinge te staar; hou my lewend op u paaie. Doen u woord gestand aan u dienskneg – u woord wat ontsag wek vir U. Neem die bespotting wat ek vrees van my weg, want u beslissings is goed. Kyk, ek verlang na u opdragte; hou my lewend deur u •geregtigheid. Laat u troue liefde my deel word, HERE, u verlossing volgens u woord, sodat ek my spotter kan antwoord; want ek vertrou op u woord. Moet tog nie u betroubare woord geheel en al uit my mond wegneem nie, want ek vestig my hoop op u beslissings. Ek wil u wet voortdurend nakom, vir altyd en ewig. Ek wil in hierdie wye ruimte voortbeweeg, want u opdragte ondersoek ek. Ek sal oor u bepalings voor konings praat sonder om my te skaam. Ek vind vreugde in u bevele wat ek liefhet; ek reik uit na u opdragte wat ek liefhet; ek dink na oor u voorskrifte.
Lees Psalms 119
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 119:21-48
5 Days
In what ways has the Bible changed your life? When life hits us hard, we find direction and solace in Scripture. But what if the Bible was not in your language? That’s the reality for 1 billion people today. Join this 5-day plan where you can partner your Scripture reading with simple and effective ways to pray for people without the Bible.
7 Days
The Bible is one of the most influential books of all time, but it can seem overwhelming to know how to understand it and what to do with it. This 7-day Bible study will help break down what the Bible is, why it matters, and how you can understand it today. We’ll also discover how you can put God’s Word in action in His world.
30 Days
Have you ever wondered, “Is it possible to experience joy in all seasons of life?” Carol McLeod believes that God has an enormous joy for you that is within your reach. In this devotional, you will discover how to trust God when life isn’t fair, how to ponder Scripture that transforms your thinking and how to turn disappointment into a heart that rejoices in the middle of uncertainty.
Everything that has been created on earth by human beings started in the imagination of somebody’s mind. This is a gift from God. In this 7-day study we will learn about the relationship between your imagination and faith. I want to help you unlock your imagination in a way that has never been done before.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's