Psalms 112:1-10

Psalms 112:1-10 AFR20

Halleluja! Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die HERE, wat groot vreugde vind in sy gebooie. Sy nageslag sal magtig wees in die land – 'n geslag opregtes wat geseën word. Oorvloed en rykdom is in sy huis, en sy geregtigheid hou stand vir altyd. Hy skyn in die duisternis as 'n lig vir die opregtes; hy is genadig, barmhartig en regverdig. Dit gaan goed met 'n mens wat goedhartig is en uitleen, wat sy sake eerlik bestuur; want hy sal nooit wankel nie. 'n Regverdige bly vir altyd in die herinnering. Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig in vertroue op die HERE. Sy hart is bestendig, hy is nie bang nie; uiteindelik sien hy neer op sy teenstanders. Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges; sy geregtigheid hou stand vir altyd; met waardigheid styg sy aansien. Die goddelose sien dit en vererg hom