PSALMS 112:1-10
PSALMS 112:1-10 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here prys. Dit gaan goed met iemand wat die Here dien en wat baie lief is om te doen wat die Here sê. Sy nageslag sal belangrike mense wees in die land. Dit sal goed gaan met die nageslag van eerlike mense. Hulle sal ryk word, hulle sal baie goed hê, en hulle sal altyd reg doen aan ander mense. Hulle is soos ligte wat in die donker skyn vir mense wat eerlik lewe, hulle is genadig en goed vir mense wat swaarkry, en hulle doen reg aan ander mense. Dit gaan goed met iemand wat genadig is en vir mense geld leen, met iemand wat eerlik is wanneer hy goed koop en verkoop, want mense wat reg doen, misluk nooit, en ander mense onthou hulle vir altyd. Hulle is nie bang om slegte nuus te kry nie, hulle vertrou dat die Here hulle sal help. Hulle is nie bekommerd nie, nie bang nie, hulle weet hulle sal hulle vyande oorwin. Hulle gee baie vir arm mense, hulle doen altyd reg, en mense respekteer hulle. Wanneer mense wat verkeerd doen, dit sien, dan word hulle kwaad en byt hard op hulle tande. Mense wat verkeerd doen, kry niks van al die goed wat hulle graag wil hê nie.
PSALMS 112:1-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HALLELUJA! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het. Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word. He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid. Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as 'n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig. Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg. Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE. Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie, Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien. Pe. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; Sade. sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; Kof. sy horing word verhoog in eer. Resj. Die goddelose sien dit en is vererg; Sjin. hy kners met sy tande en smelt weg; Tau. die begeerte van die goddelose mense vergaan.
PSALMS 112:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here. Sy nageslag is 'n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseën: daar is oorvloed en rykdom in sy huis. Wat hy doen, is reg en blywend: hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig. Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here. Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie: hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou. Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien. Die goddelose sien dit en raak ontsteld, hy kners op sy tande van magteloosheid. Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.
PSALMS 112:1-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Halleluja! Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die HERE, wat groot vreugde vind in sy gebooie. Sy nageslag sal magtig wees in die land – 'n geslag opregtes wat geseën word. Oorvloed en rykdom is in sy huis, en sy geregtigheid hou stand vir altyd. Hy skyn in die duisternis as 'n lig vir die opregtes; hy is genadig, barmhartig en regverdig. Dit gaan goed met 'n mens wat goedhartig is en uitleen, wat sy sake eerlik bestuur; want hy sal nooit wankel nie. 'n Regverdige bly vir altyd in die herinnering. Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig in vertroue op die HERE. Sy hart is bestendig, hy is nie bang nie; uiteindelik sien hy neer op sy teenstanders. Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges; sy geregtigheid hou stand vir altyd; met waardigheid styg sy aansien. Die goddelose sien dit en vererg hom
PSALMS 112:1-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Prys die HERE. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, wat 'n groot behae het in sy gebooie. Sy nageslag sal magtig wees op die aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word. Rykdom en rykdom sal in sy huis wees, en sy geregtigheid is tot in ewigheid. Vir die opregtes gaan lig op in die duisternis; Hy is genadig en vol medelye en regverdig. 'n Goeie man bewys guns en leen uit; Hy sal sy sake met oorleg lei. Waarlik, hy sal vir ewig nie wankel nie: die regverdige sal in ewige gedagtenis wees. Hy sal nie bang wees vir slegte tyding nie: sy hart is vas, vertrou op die HERE. Sy hart is vas, hy sal nie bang wees nie, totdat hy sy begeerte na sy vyande sien. Hy het verstrooi, Hy het aan die armes gegee; sy geregtigheid is tot in ewigheid; sy horing sal met eer verhef word. Die goddelose sal dit sien en bedroef wees; hy kners met sy tande en smelt weg; die begeerte van die goddelose vergaan.
PSALMS 112:1-10 Die Boodskap (DB)
Prys die Here! Die gelukkigste mense op aarde is hulle wat groot respek vir die Here het, wat met blydskap luister na alles wat die Here sê. Hulle nageslag is baie groot. Die Here se goedheid is by sulke mense oral waar hulle gaan. Hulle het meer as genoeg om van te leef. Hulle doen net goed aan ander mense. God se goedheid skyn soos die son oor hulle hele lewe. Hy is by hulle met sy goedheid, sy ontferming, sy beskerming. Iemand wat die Here vrees, deel graag sy besittings met ander. Hy leen uit, hy doen altyd die regte dinge. Almal praat daarvan. Hulle onthou hom, want hy struikel nie. Slegte nuus ontstel hom nie, want sy hand is veilig in die Here s’n. Omdat hy op die Here vertrou, is hy glad nie bang nie, want hy weet sy vyande sal tot ’n val kom. Hy strooi sy besittings uit; arm mense dra hy op die hande. Hy hou nooit op om goed te doen nie. Wat ’n leefstyl! Dit bring baie eer en vreugde. Slegte mense is jaloers op hom, maar hulle woorde beteken niks. Slegte mense se planne kom ook tot niks. Ja, tot niks!
PSALMS 112:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Prys die HERE! Geseënd is hy wat die HERE dien, hy wat met groot vreugde sy gebooie onderhou. Sy kinders sal magtig wees op aarde; die nageslag van die opregte sal geseën wees. Oorvloed en rykdom vul sy huis, sy regverdigheid duur vir altyd. Vir die opregte skyn die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dit gaan goed met die mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. Die regverdige sal nie struikel nie, en sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die HERE. Hy voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van sy vyand. Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien hê en eer ontvang. Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop.