Psalms 1:1-6

Psalms 1:1-6 AFR20

Gelukkig is die mens wat nie die raad van goddeloses volg, nie op die pad van sondaars gaan staan en nie in die byeenkoms van spotters sit nie, maar wat vreugde vind in die wet van die HERE en sy wet dag en nag mymerend prewel. So iemand sal wees soos 'n boom geplant langs watervore, wat sy vrugte op sy tyd gee en waarvan die blare nie verdor nie. Alles wat hy aanpak, gedy. So is die goddeloses nie; inteendeel, hulle is soos kaf wat die wind wegwaai. Daarom sal goddeloses nie kan opstaan tydens die regspraak, of sondaars in die byeenkoms van •regverdiges nie. Ja, die HERE dra sorg vir die pad van regverdiges, maar die pad van goddeloses loop dood.