PSALMS 1:1-6

PSALMS 1:1-6 NLV

Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie. Hy vind egter vreugde in die gebooie van die HERE en oordink sy voorskrifte dag en nag. Hy is soos ’n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig. Maar dit geld nie vir die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal goddeloses nie voortbestaan in die oordeel, of sondaars in die geselskap van regverdiges nie. Want die HERE waak oor die pad van die gelowiges; maar die paaie van die goddeloses lei tot ondergang.