Spreuke 8:1-11

Spreuke 8:1-11 AFR20

Is dit nie Wysheid wat uitroep, en Verstandigheid wat haar stem laat opklink nie? Op die top van die hoogtes langs die pad, waar die hoofpaaie bymekaarkom, het sy stelling ingeneem. Langs die poorte, by die ingang na die stad, by die toegang tot die poortdeure, roep sy opgewonde uit: “Na julle, manne, roep ek; my stem is gerig tot mensekinders. Kry tog insig in vernuf, onverstandiges; onnoseles, bring die hart tot insig! Luister, want oor gepaste dinge praat ek – en oor my lippe kom wat reg is. Want die waarheid, dit verkondig my mond, en afstootlik vir my lippe is goddeloosheid. Wat reg is, kenmerk al die woorde uit my mond, niks daarin is geslepe of verdraai nie; dit is alles duidelik vir wie insig toon, en gepas vir hulle wat kennis verwerf. Aanvaar my vermaning, en nie silwer nie, aanvaar kennis eerder as goud.” Ja, Wysheid is beter as koraal, en niks wat begeerlik is, kan met haar vergelyk word nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 8:1-11