'n Mens ervaar vreugde met die gepaste antwoord uit sy mond; ja, 'n woord op sy tyd – hoe goed is dit nie! Die weg na lewe lei opwaarts vir 'n verstandige mens, om so die doderyk daar onder te ontwyk. Die HERE breek die huis van hovaardiges af, maar die gebied van 'n weduwee baken Hy af. Die planne van 'n bose mens is vir die HERE afstootlik, maar vriendelike woorde is suiwer. Wie onregverdige wins maak, stort sy huis in die ongeluk, maar hy wat omkoopgeskenke haat, sal leef. Die hart van 'n regverdige oorweeg hoe om te antwoord, maar die mond van goddeloses stort booshede uit. Die HERE is ver van goddeloses, maar die gebed van regverdiges hoor Hy. Helder oë verheug die hart, 'n goeie berig verfris die liggaam. 'n Oor wat luister na die teregwysing van die lewe, sal by wyses tuis wees. Wie vermaning in die wind slaan, verag sy eie lewe, maar wie na teregwysing luister, verkry verstand. Ontsag vir die HERE is 'n vermaning tot wysheid, en nederigheid gaan eer vooraf.
Lees Spreuke 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 15:23-33
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's