SPREUKE 15:23-33
SPREUKE 15:23-33 Bybel vir almal (ABA)
Dit is lekker wanneer 'n mens weet wat om te antwoord, dit is die beste om die regte woord op die regte tyd te sê. 'n Verstandige mens loop op die pad van die lewe, daardie pad gaan boontoe. 'n Verstandige mens loop nie op die pad na die doderyk nie, daardie pad gaan ondertoe. Die Here breek die huis van hoogmoedige mense af, maar Hy beskerm die grond van die weduwee. Die Here haat dit wanneer mense planne maak om slegte dinge te doen, maar Hy hou van vriendelike woorde. Iemand wat altyd meer wil hê as wat hy moet kry, laat dit sleg gaan met sy huisgesin, maar iemand wat nie presente wil neem om verkeerde dinge te doen nie, sal lewe. 'n Mens wat reg lewe, dink eers goed voordat hy antwoord, maar mense wat verkeerd doen, hou aan om slegte dinge te praat. Die Here is ver van mense wat verkeerd doen, maar Hy hoor wanneer mense wat reg lewe, tot Hom bid. Wanneer iemand vriendelik is, dan maak hy mense bly. Goeie nuus laat mense goed voel. Iemand wat luister wanneer mense vir hom sê dat hy verkeerde dinge doen, sal saam met wyse mense kan woon. Iemand wat nie wil leer nie, dink dit is nie belangrik wat met hom gebeur nie, iemand wat luister wanneer mense vir hom sê wat hy verkeerd doen, word verstandig. As iemand wysheid wil leer, dan respekteer en dien hy die Here. 'n Mens moet nederig wees, dan sal ander mense hom respekteer.
SPREUKE 15:23-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd! Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk. Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein. Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe. Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel. Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet. Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef. Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
SPREUKE 15:23-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd? 'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder. Die Here breek die hoogmoedige se huis af en beskerm die grond van die weduwee. Die Here het 'n afsku van bose planne; aangename woorde is vir Hom aanneemlik. Wie hom verryk ten koste van 'n ander, maak dat sy gesin verstoot word; wie omkoopgeskenke weier, sal lewe. 'n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sê net slegte dinge. Die Here is ver van die goddeloses af, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges. Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik 'n mens. Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het. Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig. Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer.
SPREUKE 15:23-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Mens ervaar vreugde met die gepaste antwoord uit sy mond; ja, 'n woord op sy tyd – hoe goed is dit nie! Die weg na lewe lei opwaarts vir 'n verstandige mens, om so die doderyk daar onder te ontwyk. Die HERE breek die huis van hovaardiges af, maar die gebied van 'n weduwee baken Hy af. Die planne van 'n bose mens is vir die HERE afstootlik, maar vriendelike woorde is suiwer. Wie onregverdige wins maak, stort sy huis in die ongeluk, maar hy wat omkoopgeskenke haat, sal leef. Die hart van 'n regverdige oorweeg hoe om te antwoord, maar die mond van goddeloses stort booshede uit. Die HERE is ver van goddeloses, maar die gebed van regverdiges hoor Hy. Helder oë verheug die hart, 'n goeie berig verfris die liggaam. 'n Oor wat luister na die teregwysing van die lewe, sal by wyses tuis wees. Wie vermaning in die wind slaan, verag sy eie lewe, maar wie na teregwysing luister, verkry verstand. Ontsag vir die HERE is 'n vermaning tot wysheid, en nederigheid gaan eer vooraf.
SPREUKE 15:23-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Man het blydskap deur die antwoord van sy mond, en 'n woord wat op sy tyd gespreek word, hoe goed is dit! Die weg van die lewe is bo vir die wyse, dat hy kan weggaan uit die hel daaronder. Die HERE sal die huis van hoogmoediges vernietig, maar die grens van die weduwee vasstel. Die gedagtes van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die woorde van die reines is aangename woorde. Hy wat winsgewend is, stel sy huis in die knel; maar hy wat gawes haat, sal lewe. Die hart van die regverdige bestudeer om te antwoord, maar die mond van die goddelose stort slegte dinge uit. Die HERE is ver van die goddelose, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges. Die lig van die oë verbly die hart, en 'n goeie gerug maak die gebeente vet. Die oor wat die teregwysing van die lewe hoor, bly onder die wyses. Hy wat tug verwerp, verag sy eie siel; maar hy wat teregwysing hoor, verkry verstand. Die vrees van die HERE is die tug van wysheid; en voor eer is nederigheid.
SPREUKE 15:23-33 Die Boodskap (DB)
’n Goeie antwoord is waardevol. Dit kan iemand help om die regte besluite te neem. Wat is wonderliker as die regte woord op die regte tyd. ’n Gelowige leefstyl bring baie geluk. Dit kan ons teen baie ellendes beskerm. Hoogmoediges wat op ander trap, word vernietig. Die Here sorg vir die armes en die swakkes. Die Here hou niks van die ongelowiges se slegte gedagtes nie. Maar Hy hou baie van gelowiges wat mooi praat met ander. Gulsigheid en geldgierigheid maak jou oneerlik. Dit vernietig jou gesin se lewe. Wie gelukkig is met wat hy het, probeer nie ander omkoop nie. ’n Gelowige dink mooi voordat hy antwoord. ’n Ongelowige sê sommer die eerste ding wat by hom opkom. Ongelowiges is ver van die Here af. Maar die Here luister na die gelowige se gebed. Vriendelikheid maak ’n mens gelukkig. Goeie nuus is goed vir jou gesondheid. Wie na lewenswysheid luister, is deel van die gelowiges. Tussen die gelowiges sal hy altyd tuis voel. Wie wysheid verwerp, gooi sy geluk weg. Wie na goeie raad luister, verstaan die lewe soveel beter. Liefde vir die Here lei tot groter kennis van die lewe. ’n Nederige manier van leef is belangriker as eer.
SPREUKE 15:23-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe. Dit stuur weg van die doderyk daar onder. Die HERE vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee. Die HERE verafsku slegte planne. Hy hou van skoon gedagtes. ’n Gierigaard bring ongeluk oor sy huis. Wie omkoopgeskenke weier, sal lewe. ’n Regverdige mens dink eers voor hy antwoord. By goddelose mense se monde borrel daar slegte dinge uit. Die HERE luister nie na goddelose mense nie. Hy verhoor die gebed van die regverdige mens. Oë wat blink, bring vreugde. Goeie nuus bring gesondheid. Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid. Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig. Om respek vir die HERE te hê, leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer.