'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens minag sy moeder. Sotheid is 'n vreugde vir iemand sonder verstand, maar 'n skerpsinnige mens loop 'n reguit pad. Planne misluk waar daar geen beraadslaging is nie, maar met baie raadgewers hou dit stand. 'n Mens ervaar vreugde met die gepaste antwoord uit sy mond; ja, 'n woord op sy tyd – hoe goed is dit nie! Die weg na lewe lei opwaarts vir 'n verstandige mens, om so die doderyk daar onder te ontwyk. Die HERE breek die huis van hovaardiges af, maar die gebied van 'n weduwee baken Hy af. Die planne van 'n bose mens is vir die HERE afstootlik, maar vriendelike woorde is suiwer. Wie onregverdige wins maak, stort sy huis in die ongeluk, maar hy wat omkoopgeskenke haat, sal leef. Die hart van 'n regverdige oorweeg hoe om te antwoord, maar die mond van goddeloses stort booshede uit. Die HERE is ver van goddeloses, maar die gebed van regverdiges hoor Hy. Helder oë verheug die hart, 'n goeie berig verfris die liggaam. 'n Oor wat luister na die teregwysing van die lewe, sal by wyses tuis wees. Wie vermaning in die wind slaan, verag sy eie lewe, maar wie na teregwysing luister, verkry verstand. Ontsag vir die HERE is 'n vermaning tot wysheid, en nederigheid gaan eer vooraf.
Lees Spreuke 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 15:20-33
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's