Spreuke 13:13-18

Spreuke 13:13-18 AFR20

Wie 'n opdrag met minagting bejeën – van hom word 'n pand geneem, maar wie 'n bevel eerbiedig, hy sal vergoed word. Die onderrig van 'n wyse is 'n bron van lewe, sodat die vangstrikke van die dood vermy kan word. Goeie begrip wen guns, maar die pad van verraderlike mense is onveranderlik. Elke slim mens tree met oorleg op, maar 'n dwaas sprei sy sotheid oop. 'n Goddelose boodskapper stort self in die ongeluk, maar 'n betroubare gesant is 'n gerusstelling. Armoede en skande lê voor vir wie vermaning in die wind slaan, maar wie op teregwysing ag slaan, word geëer.

Video vir Spreuke 13:13-18

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 13:13-18