SPREUKE 13:13-18

SPREUKE 13:13-18 NLV

Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk. Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood. Mense het respek vir iemand wat goeie insig het. ’n Onbetroubare mens loop ’n pad van vernietiging. ’n Verstandige mens dink voor hy iets doen. Dwase mense verkondig hulle dwaasheid aan die wêreld. ’n Onbetroubare boodskapper kry moeilikheid. ’n Gesant wat jy kan vertrou, bring voorspoed. Hy wat hom nie wil laat reghelp nie, beland in armoede en vernedering. Hy wat ’n teregwysing ter harte neem, ontvang eer.

Video vir SPREUKE 13:13-18

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 13:13-18