Ek is besny op die agtste dag,
afkomstig uit die volk Israel,
uit die stam van Benjamin,
'n Hebreër uit die Hebreërs;
wat die wet betref, 'n •Fariseër,
wat ywer betref,
'n vervolger van die •kerk,
wat •geregtigheid op grond van
wetsbeoefening betref,
onberispelik.
Maar alles wat vir my wins was,
reken ek nou as verlies,
ter wille van Christus.
Inderdaad reken ek alles as verlies,
ter wille van die uitnemendheid
daarvan om Christus Jesus,
my Here, te ken.
Ter wille van Hom,
het alles vir my 'n verlies geword,
en beskou ek dit as vullis,
sodat ek Christus as wins kan verkry,
en in Hom bevind kan word –
nie met my eie geregtigheid
op grond van die wet nie,
maar met die geregtigheid
deur geloof in Christus,
die regverdiging wat van God kom,
deur die geloof –
en sodat ek Christus kan ken,
die krag van sy opstanding,
en die verbondenheid met sy lyding,
deur aan sy dood gelykvormig te word,
en ek so, hoe dan ook,
die opstanding uit die dood kan bereik.