Numeri 7:83-89

Numeri 7:83-89 AFR20

as maaltydoffer, 2 beeste, 5 ramme, 5 bokramme en 5 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawe van Agira, seun van Enan. Dit was, van die kant van die leiers van Israel, offergawes vir die wyding van die altaar die dag toe dit gesalf is: 12 silwerskottels, 12 silwer-offerbakke, 12 goue bakke. Elke silwerskottel was 130 sikkel silwer en elke silwer-offerbak 70 sikkel silwer; al die silwer van die gereedskap was saam 2 400 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Daar was 12 goue bakke vol reukwerk, elke bak was 10 sikkel volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld. Al die goud van die bakke was saam 120 sikkel. Al die vee vir die brandoffer was 12 bulle, 12 ramme, 12 jaaroud ramlammers, met die bypassende graanoffer. Daar was 12 bokramme vir die reinigingsoffer. Al die vee vir die maaltydoffer was 24 bulle, 60 ramme, 60 bokramme, en 60 jaaroud ramlammers. Dit was die offergawes vir die wyding van die altaar nadat dit gesalf is. Wanneer Moses in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met die HERE te praat, het hy die stem gehoor wat met hom praat vanaf die versoendeksel op die ark met die Getuienis, van tussen die twee gerubs af. So het die HERE met hom gepraat.

Video for Numeri 7:83-89