Numeri 16:1-3

Numeri 16:1-3 AFR20

Korag, seun van Jishar, seun van Kehat, seun van Levi, het Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On, seun van Pelet, uit die nageslag van Ruben, geneem. Hulle en tweehonderd-en-vyftig mans van die Israeliete, leiers van die volksvergadering wat vir die geleentheid opgeroep is, manne van aansien, het voor Moses gaan staan. Hulle het hulle teen Moses en Aäron opgestel en vir hulle gesê: “Julle gaan nou te ver! Want die hele volksvergadering, hulle almal, is heilig, en die HERE is in hulle midde. Waarom verhef julle julleself bo die geloofsgemeenskap van die HERE?”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid