Toe ek hierdie woorde hoor, het ek gaan sit en huil; ek het dae lank getreur. Ek het aanhou vas en voor die God van die hemel gebid. Ek het gesê: “Ag, HERE, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God, wat die verbond en trou handhaaf vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom, laat u oor asseblief aandagtig wees, en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u dienskneg wat ek vandag, wat ek dag en nag voor U bid oor die Israeliete, u diensknegte, die gebed waarmee ek die sondes van die Israeliete bely wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. Ons het ons uiters sleg gedra teenoor U en nie die gebooie, vaste voorskrifte en bepalings nagekom wat U u dienskneg Moses beveel het nie.
Lees Nehemia 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Nehemia 1:4-7
5 Dae
In hierdie 5-dag leesplan praat Stephan Joubert oor die ware aard van leierskap. Hy fokus veral op diens aan ander en hoe leiers ander kan help om die wêreld te sien en te verstaan, om die verlede te evalueer en om vir die toekoms te beplan. Maak die praktiese konsepte jou eie sodat jy mense tot hoër hoogtes kan inspireer.
7 Days
You long to live a life of significance. But what if you’ve been going about it completely wrong? Find the answers in the memoirs of Nehemiah. From Pastor Caleb Anderson's new book "Favor with Kings."
7 days
You might not be able to change the whole world, but you can change your part of it. What’s your purpose? What’s your story? What will God do through you? Find out through the experiences of Nehemiah in this Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, The Good Work.
7 dae
Nie alle Christene het die gewoonte om gereeld te vas nie. Dit is egter van onskatbare waarde, ook in die moderne era waarin ons vandag leef. Ons gaan die volgende 7 dae kyk na wat vas is, wat dit nié is nie en hoekom dit waardevol vir alle Christene is om dit deel van hulle Christelike leefwyse te maak.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's