NEHEMIA 1:4-7

NEHEMIA 1:4-7 NLV

Toe ek dit hoor, het ek gaan sit en huil. Vir dae aaneen het ek getreur, gevas en tot die God van die hemel gebid. Ek het gesê: “HERE, God van die hemel, U is die groot en vreesaanjaende God. U hou by u verbondsbelofte. U is getrou in u liefde teenoor dié wat u gebooie liefhet en gehoorsaam. Hoor my gebed! “Kyk, en U sal sien dat ek dag en nag vir die mense van Israel, u dienaars, intree in gebed. Ek bely dat ons teen U gesondig het. Selfs ook ek en my familie het sonde gedoen! Ons het verkeerd opgetree deur nie die opdragte, voorskrifte en bepalings wat U vir u kneg Moses beveel het, te gehoorsaam nie.