Markus 10:35-37

Markus 10:35-37 AFR20

Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, het na Hom gekom en gevra: “Meester, ons wil hê dat wat ons ook al van U vra, U vir ons moet doen.” Jesus vra hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle antwoord Hom: “Beskik dat, in u heerlikheid, een van ons aan u regterhand en een aan u linkerhand mag sit.”