MARKUS 10:35-37
MARKUS 10:35-37 Bybel vir almal (ABA)
Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, het na Jesus toe gekom en gesê: “Meneer, as ons vir U iets vra, dan moet U dit asseblief vir ons doen.” Jesus het vir hulle gevra: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle antwoord Hom toe: “U sal koning wees oor almal. Gee dan vir ons die sitplekke langs U, een regs langs U en een links langs U.”
MARKUS 10:35-37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra. En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter- en een aan u linkerhand.
MARKUS 10:35-37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, kom toe na Jesus toe en sê vir Hom: “Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra.” “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” het Hy hulle gevra. Hulle het Hom geantwoord: “Wanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.”
MARKUS 10:35-37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, het na Hom gekom en gevra: “Meester, ons wil hê dat wat ons ook al van U vra, U vir ons moet doen.” Jesus vra hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” Hulle antwoord Hom: “Beskik dat, in u heerlikheid, een van ons aan u regterhand en een aan u linkerhand mag sit.”
MARKUS 10:35-37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons ook al wil hê. En hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet ek vir julle doen? Hulle sê vir hom: Gee aan ons dat ons kan sit, een aan u regter- en een aan u linkerhand, in u heerlikheid.
MARKUS 10:35-37 Die Boodskap (DB)
Sebedeus se twee seuns, Jakobus en Johannes, kom vra Hom toe: “Meneer, ons wil U asseblief ’n groot guns vra.” “Vra maar, laat Ek hoor,” sê Jesus. “As U eendag groot en belangrik as heerser op u troon sit, kan ons asseblief aan weerskante van U sit?” vra hulle vir Jesus.
MARKUS 10:35-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarop het Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ons wil van U ’n guns vra.” “Wat moet Ek vir julle doen?” het Hy gevra. “In u koninklike heerlikheid – mag ons op die ereplekke regs en links van U sit?” het hulle gevra.