“Alles wat julle dan wil hê die mense aan julle moet doen, doen ook julle net so aan hulle; want dit is die kern van die Wet en die Profete.” “Gaan deur die nou poort in. Want breed is die pad en wyd die poort wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur binnegaan. Maar hoe nou is die poort en hoe smal die pad wat na die lewe lei! En daar is min wat dit vind. “Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapsklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk 'n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels? Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Aan hulle vrugte sal julle hulle dus uitken. “Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ” “Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos 'n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit nie ineengestort nie, omdat dit stewig op rots gevestig was. Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos 'n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.” Toe Jesus sy redevoering voltooi het, was die skare verstom oor sy lering, omdat Hy hulle geleer het soos iemand met gesag en nie soos hulle skrifkenners nie.
Lees Matteus 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 7:12-29
5 dae
Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompliseer met slegte besluite nie, het die meeste mense nie ’n plan om goeie besluite te neem nie. Hierdie leesplan is gebaseer op Andy Stanley se boek "Better Decisions, Fewer Regrets."
7 Days
Surrender to Jesus is a life-defining moment. But what does this decision mean and how do we live it each day? Is this only for the big decisions of life, or the super-spiritual person? Fear, previous failures, and misunderstanding can hold us back. "Go Do Say Give" is a pledge/prayer that unpacks how to take the next steps in your spiritual journey. Experience the freedom that comes with following Jesus.
We’re all chasing something. Usually something just out of reach—a better job, a more comfortable home, a perfect family, the approval of others. But isn’t this tiring? Is there a better way? Find out in this new Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, Chasing Carrots.
7 dae
‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's