“Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete.” “Gaan die koninkryk deur die nou poort binne. Want wyd is die poort, en breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan. Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!” “Pas op vir die vals profete. Op die oog af lyk hulle soos onskuldige lammetjies, maar in werklikheid is hulle gulsige wolwe. Julle sal hulle aan hulle optrede uitken, net soos ’n mens ’n boom aan sy vrugte kan uitken. ’n Mens pluk tog nie druiwetrosse van doringbosse, of vye van dissels nie. ’n Gesonde boom dra immers goeie vrugte en ’n siek boom slegte vrugte. ’n Gesonde boom kan nie slegte vrugte dra nie en ’n siek boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. “So sal julle hierdie mense aan hulle vrugte uitken.” “Nie almal wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was. Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam bose geeste uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’ Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’” “Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. Al val daar ’n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas. Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwaas wie se huis op die sand gebou is. Wanneer daar ’n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort.” Toe Jesus sy rede voltooi het, was die skare diep onder die indruk van sy onderrig. Dit was immers gesagvol – heeltemal anders as dié van hulle eie skrifkenners.
Lees MATTEUS 7
Luister na MATTEUS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 7:12-29
5 dae
Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompliseer met slegte besluite nie, het die meeste mense nie ’n plan om goeie besluite te neem nie. Hierdie leesplan is gebaseer op Andy Stanley se boek "Better Decisions, Fewer Regrets."
5 Days
Through this 5-day Bible plan, Killing Comparison, author Nona Jones offers practical insight and down-to-earth encouragement to help you avoid the despair of comparison and pursue a free, joyful life—to live confident in who God made you to be. Order the full book Killing Comparison to go further in your journey to freedom.
7 Days
Surrender to Jesus is a life-defining moment. But what does this decision mean and how do we live it each day? Is this only for the big decisions of life, or the super-spiritual person? Fear, previous failures, and misunderstanding can hold us back. "Go Do Say Give" is a pledge/prayer that unpacks how to take the next steps in your spiritual journey. Experience the freedom that comes with following Jesus.
We’re all chasing something. Usually something just out of reach—a better job, a more comfortable home, a perfect family, the approval of others. But isn’t this tiring? Is there a better way? Find out in this new Life.Church Bible Plan, accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, Chasing Carrots.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's