Matteus 4:12-17

Matteus 4:12-17 AFR20

Toe Jesus hoor dat Johannes in hegtenis geneem is, het Hy na Galilea teruggekeer. Hy het Nasaret verlaat en in Kapernaum by die see gaan woon, in die gebied van Sebulon en Naftali, sodat die woorde vervul sou word wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Land van Sebulon en land van Naftali, die pad langs die see, oorkant die Jordaan, Galilea van die heidene: Die volk wat in duisternis woon het 'n groot lig gesien; vir hulle wat in die gebied en die skadu van die dood leef, het 'n lig opgegaan.” Van toe af het Jesus met sy verkondiging begin en gesê: “Bekeer julle, want die •koninkryk van die hemele is op hande.”

Video for Matteus 4:12-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 4:12-17