MATTEUS 4:12-17

MATTEUS 4:12-17 NLV

Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer. Hy het uit Nasaret weggetrek en gaan woon in Kapernaum aan die See van Galilea, in die gebied van Sebulon en Naftali. So is die woord van die profeet Jesaja vervul: “Die land van Sebulon en die land van Naftali langs die See van Galilea en die Transjordaan: Galilea waar so baie nie-Jode woon – die volk wat in die donker sit, het ’n helder lig gesien. En vir dié in die skemerland van die dood – vir hulle het ’n lig opgegaan.” Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 4:12-17

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid