Toe die •Fariseërs hoor dat Hy die •Sadduseërs die swye opgelê het, het hulle bymekaargekom. Een van hulle, 'n wetskenner, het vervolgens 'n vraag gestel om Hom te toets: “Meester, wat is die belangrikste gebod in die Wet?” Hy het vir hom gesê: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die belangrikste en die eerste gebod. En die tweede wat hieraan gelyk staan, is, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Op hierdie twee gebooie berus die hele Wet en die Profete. ” Toe die •Fariseërs bymekaar was, het Jesus hulle gevra: “Wat sê julle van die Christus? Wie se Seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s'n.” Hy vra hulle toe: “Hoe kan Dawid Hom dan, deur die werking van die Gees, ‘Here’ noem, as hy sê, “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande onder jou voete geplaas het’? “As Dawid Hom dan ‘Here’ noem, hoe kan Hy sy Seun wees?” Niemand kon Hom 'n woord antwoord nie; en van daardie dag af het niemand ooit weer gewaag om Hom te ondervra nie.
Lees Matteus 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: Matteus 22:34-46
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's