Toe die dissipels na die oorkant vaar, het hulle vergeet om brood saam te neem. Jesus het vir hulle gesê: “Pasop, en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die •Fariseërs en •Sadduseërs.” Hulle het toe onder mekaar bespiegel en gesê: “Ons het nie brood saamgebring nie.” Jesus het dit agtergekom en gesê: “Kleingelowiges, waarom redekawel julle daaroor dat julle nie brood het nie? Verstaan julle nog steeds nie? Onthou julle nie die vyf brode vir die vyfduisend en hoeveel mandjies julle bymekaargemaak het nie? Of die sewe brode vir die vierduisend, en hoeveel mandjies julle bymekaargemaak het nie? Hoe kan julle dan nie begryp dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie? Nee, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.” Toe het hulle ingesien dat Hy nie bedoel het hulle moet vir die suurdeeg van brood op hulle hoede wees nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
Lees Matteus 16
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Matteus 16:5-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's