MATTEUS 16:5-12
MATTEUS 16:5-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die dissipels na die oorkant vaar, het hulle vergeet om brood saam te neem. Jesus het vir hulle gesê: “Pasop, en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die •Fariseërs en •Sadduseërs.” Hulle het toe onder mekaar bespiegel en gesê: “Ons het nie brood saamgebring nie.” Jesus het dit agtergekom en gesê: “Kleingelowiges, waarom redekawel julle daaroor dat julle nie brood het nie? Verstaan julle nog steeds nie? Onthou julle nie die vyf brode vir die vyfduisend en hoeveel mandjies julle bymekaargemaak het nie? Of die sewe brode vir die vierduisend, en hoeveel mandjies julle bymekaargemaak het nie? Hoe kan julle dan nie begryp dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie? Nee, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.” Toe het hulle ingesien dat Hy nie bedoel het hulle moet vir die suurdeeg van brood op hulle hoede wees nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
MATTEUS 16:5-12 Bybel vir almal (ABA)
Die dissipels van Jesus het na die ander kant van die see gegaan en hulle het vergeet om brood saam te neem. Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas, julle moet versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van die Sadduseërs.” Die dissipels het daaroor met mekaar gepraat. Hulle het gedink Jesus sê dit omdat hulle nie brood saamgeneem het nie. Jesus het geweet wat hulle dink en Hy het vir hulle gevra: “Hoekom praat julle so met mekaar oor die brood wat julle nie het nie? Hoekom is julle geloof so min? Verstaan julle nog nie? Onthou julle die vyf brode wat genoeg was vir die 5 000 mense, en hoeveel mandjies vol julle opgetel het? En onthou julle die sewe brode vir die 4 000 mense, en hoeveel groot mandjies vol julle opgetel het? Hoekom verstaan julle nie? Ek het nie oor brood met julle gepraat nie, nee, julle moet oppas vir die suurdeeg van die Sadduseërs en die Fariseërs.” Toe het hulle verstaan dat Jesus nie gepraat het oor die suurdeeg wat in brood gebruik word nie, maar dat Hy gesê het hulle moet oppas vir die dinge wat die Fariseërs en Sadduseërs vir die mense leer.
MATTEUS 16:5-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe sy dissipels na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brode saam te neem. Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs. En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie. Maar Jesus het dit opgemerk en vir hulle gesê: Wat redeneer julle onder mekaar, kleingelowiges, dat julle geen brode saamgeneem het nie? Begryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyfduisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Of die sewe brode van die vierduisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie? Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
MATTEUS 16:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dissipels het na die oorkantste oewer toe gegaan, maar vergeet om brood saam te neem. Jesus het vir hulle gesê: “Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” Hulle het toe met mekaar daaroor gepraat en gesê: “Dit is omdat ons nie brood saamgebring het nie.” Jesus het geweet wat hulle praat, en Hy sê vir hulle: “Kleingelowiges! Hoekom praat julle met mekaar daaroor dat julle nie brood het nie? Verstaan julle nog nie en onthou julle nie die vyf brode vir die vyf duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? En die sewe brode vir die vier duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? Hoe is dit dan dat julle nie verstaan dat Ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Ek het gesê: Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het dat hulle vir gewone suurdeeg op hulle hoede moet wees nie maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs.
MATTEUS 16:5-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die dissipels na die oorkant vaar, het hulle vergeet om brood saam te neem. Jesus het vir hulle gesê: “Pasop, en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die •Fariseërs en •Sadduseërs.” Hulle het toe onder mekaar bespiegel en gesê: “Ons het nie brood saamgebring nie.” Jesus het dit agtergekom en gesê: “Kleingelowiges, waarom redekawel julle daaroor dat julle nie brood het nie? Verstaan julle nog steeds nie? Onthou julle nie die vyf brode vir die vyfduisend en hoeveel mandjies julle bymekaargemaak het nie? Of die sewe brode vir die vierduisend, en hoeveel mandjies julle bymekaargemaak het nie? Hoe kan julle dan nie begryp dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie? Nee, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs.” Toe het hulle ingesien dat Hy nie bedoel het hulle moet vir die suurdeeg van brood op hulle hoede wees nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.
MATTEUS 16:5-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe sy dissipels aan die oorkant kom, het hulle vergeet om brood te neem. Toe sê Jesus vir hulle: Pas op en pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs. En hulle het onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is omdat ons geen brood geneem het nie. En toe Jesus dit sien, sê Hy vir hulle: Kleingelowiges, waarom redeneer julle onder mekaar omdat julle geen brood gebring het nie? Verstaan julle nog nie en dink julle nie aan die vyf brode van die vyfduisend en hoeveel mandjies julle opgetel het nie? Ook nie die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjies het julle opgetel nie? Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek dit nie vir julle oor brood gespreek het nie, dat julle moet oppas vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs? Toe het hulle verstaan dat Hy hulle beveel het om nie te waak vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs.
MATTEUS 16:5-12 Die Boodskap (DB)
’n Rukkie later, toe hulle onderweg was na die oorkant van die See van Galilea, het die dissipels agtergekom dat hulle vergeet het om brood te koop. Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet baie versigtig wees vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” Die dissipels het saggies vir mekaar gesê dat Hy seker maar verwys na die feit dat hulle vergeet het om brood te koop. Jesus het egter goed geweet wat hulle onder mekaar sê. “Hoekom is julle bekommerd omdat julle vergeet het om brood te koop?” vra Hy. “Julle is regtig kleingelowig. Vergeet julle so gou? Onthou julle dan nie meer hoeveel mandjies oorskietkos julle opgetel het nadat Ek vir 5 000 mense met vyf brode kos gegee het nie? En wat van die ander keer toe Ek vir 4 000 mense met sewe brode kos gegee het? Toe het daar ook ’n hele klomp mandjies vol kos oorgebly. Hoe kan julle dan nog dink dat Ek oor kos gepraat het toe Ek gesê het dat julle moet lig loop vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs?” Toe begryp die dissipels dat Jesus nie met hulle gepraat het oor die suurdeeg wat in brood gebruik word nie. Hulle het besef dat Hy hulle wou waarsku teen die verkeerde leringe van die Fariseërs en die Sadduseërs. Dit is soos suurdeeg wat ’n mens se hele lewe deurmekaarkrap.
MATTEUS 16:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Later, nadat hulle die see oorgesteek het, ontdek die dissipels dat hulle vergeet het om kos saam te neem. Jesus sê toe vir hulle: “Wees baie versigtig vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.” Hulle het toe onder mekaar geargumenteer: “Hy sê dit omdat ons geen brood saamgebring het nie.” Jesus het dit geweet en gesê: “Waarom argumenteer julle onder mekaar, dat julle nie brood het nie? Het julle so min vertroue in My? Verstaan julle nog steeds nie? Onthou julle nie van die vyf brode vir die 5 000, en hoeveel mandjies vol julle agterna bymekaargemaak het nie? En die sewe brode vir die 4 000, en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie? Hoe kan dit ooit in julle gedagtes opkom dat Ek oor gewone kos praat? Daarom sê Ek nou weer vir julle: ‘Oppas vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs!’” Toe het hulle einde ten laaste ingesien dat Hy hulle nie waarsku teen gewone suurdeeg wat vir brood gebruik word nie, maar teen die beskouings van die Fariseërs en die Sadduseërs.