Matteus 13:53-58

Matteus 13:53-58 AFR20

Toe Jesus hierdie gelykenisse voltooi het, het Hy daarvandaan weggegaan. Toe Jesus in sy tuisdorp aankom, het Hy hulle in hulle •sinagoge geleer, sodat hulle verstom was en gesê het: “Waar kom hy aan hierdie wysheid en kragtige dade? Is hy dan nie die seun van die skrynwerker nie? Staan sy moeder nie bekend as Maria en sy broers as Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? En woon sy susters dan nie almal hier onder ons nie? Waar kom hy dan aan al hierdie dinge?” En hulle het aan Hom aanstoot geneem. Jesus het egter vir hulle gesê: “'n Profeet is nie sonder eer nie, behalwe in sy tuisdorp en in sy huis.” Vanweë hulle ongeloof het Hy nie baie kragtige dade daar gedoen nie.