Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan vertrek. In Nasaret aangekom waar Hy grootgeword het, het Hy die mense in hulle sinagoge onderrig. Hulle was verbaas en het gesê: “Waar kry hy hierdie wysheid en wonderwerke vandaan? Is hy dan nie maar net die timmerman se seun nie? En is Maria nie sy ma en Jakobus, Josef, Simon en Judas sy broers nie? En sy susters, hulle woon tog almal hier onder ons. Wat maak hom so danig belangrik?” Hulle was verontwaardig en wou niks van Hom weet nie. Daarop het Jesus vir hulle gesê: “’n Profeet word oral gerespekteer behalwe in sy tuisdorp en in sy eie familiekring.” As gevolg van hulle ongeloof het Hy daar maar min wonderwerke gedoen.
Lees MATTEUS 13
Luister na MATTEUS 13
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: MATTEUS 13:53-58
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's