Abraham het Isak verwek,
Isak het Jakob verwek,
Jakob het Juda en sy broers verwek,
Juda het Peres en Serag by Tamar verwek,
Peres het Gesron verwek,
Gesron het Ram verwek,
Ram het Amminadab verwek,
Amminadab het Nagson verwek,
Nagson het Salmon verwek,
Salmon het Boas by Ragab verwek,
Boas het Obed by Rut verwek,
Obed het Isai verwek
en Isai het Dawid, die koning, verwek.
Dawid het Salomo by die vrou
van Urija verwek,
Salomo het Rehabeam verwek,
Rehabeam het Abia verwek,
Abia het Asa verwek,
Asa het Josafat verwek,
Josafat het Joram verwek,
Joram het Ussia verwek,
Ussia het Jotam verwek,
Jotam het Agas verwek,
Agas het Hiskia verwek,
Hiskia het Manasse verwek,
Manasse het Amon verwek,
Amon het Josia verwek
en in die tyd van die wegvoering na Babilon
het Josia Jojagin en sy broers verwek.
Ná die wegvoering na Babilon
het Jojagin Sealtiël verwek,
Sealtiël het Serubbabel verwek,
Serubbabel het Abihud verwek,
Abihud het Eljakim verwek,
Eljakim het Asor verwek,
Asor het Sadok verwek,
Sadok het Agim verwek,
Agim het Elihud verwek,
Elihud het Eleasar verwek,
Eleasar het Mattan verwek,
Mattan het Jakob verwek
en Jakob het Josef verwek,
die man van Maria,
uit wie Jesus, wat bekend staan
as Christus, gebore is.