Lukas 14:28-32

Lukas 14:28-32 AFR20

Want wie van julle wat 'n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, om te sien of hy genoeg geld het om dit te voltooi nie? Sodat dit nie gebeur dat, as hy die fondament lê en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, met hom begin spot en sê, ‘Hierdie man het begin bou, maar kon nie klaarmaak nie.’ Of watter koning trek op om met 'n ander koning oorlog te voer, en gaan nie eers sit en oorweeg of hy met tienduisend man opgewasse sal wees teen die ander een wat met twintigduisend teen hom optrek nie? Indien nie, stuur hy, terwyl die ander een nog ver is, 'n afvaardiging en vra voorwaardes vir vrede.